Sunday 8 July 2012

Harvard Flight over Voortrekker Monument


























\




The reason for our Fly-past



Drie se oorskot en hopie grond

2012-06-11 23:13

Die Ebo-vier se kissies met hul name op. Foto: Leon Lombard
Drie families kan ná 37 jaar uiteindelik begrafnis hou, maar een familie sal moet berus in ’n houertjie grond van die plek waar hul soldaatbroer in die Grensoorlog gesterf het.


Dié nuus is gisteroggend vroeg deur genl.maj. (afg.) Gert Opperman van die Erfenisstigting uit Angola bevestig nadat ’n span forensiese antropoloë die laaste paar dae onverpoos gewerk het om die vier soldate se oorskot by Ebo te eien.


“Die oorskot van kapt. Daniël Jacob Taljaard, 2e lt. Keith Arthur Williamson en 2e lt. Eric Bryan Thompson is saam in een graf begrawe.


“Dit was redelik maklik om te bevestig dat dit hulle was, want vliegtuigonderdele is ook saam met hulle begrawe. Taljaard se valstande het ook gehelp om sy oorskot te identifiseer,” het Opperman gesê.


Die drie, asook kavalleris Niel Lombard, is in 1975 in die Slag van Ebo dood.


Die drie was in ’n Cessna 185 toe Kubaanse lugafweerkanonne hulle neergeskiet en die vliegtuig agter die vyandelike stellings geval het.


Lombard was in ’n Eland 90-pantservoertuig wat in die Massaba­rivier geval het.


“Ons het baie hard gesoek na Niel se graf, maar kon dit nie kry nie. Plaaslike inwoners het verskeie grafte aan ons uitgewys.


Twee daarvan was massagrafte en daar was plofstof ook in. Dit sou te gevaarlik gewees het om daar te grawe, maar dit was duidelik grafte waarin heelparty mense begrawe is,” het Opperman gesê.


“Ons het later ’n stootskraper gekry om te help. ’n Gebied van 50 m x 50 m is vergeefs gefynkam.


“Dit is hartverskeurend omdat ons so gehoop het dat ons al vier se oorskot uiteindelik kan saamneem Suid-Afrika toe.”


Lombard se broer, Leon, sowel as Thompson se broer, Martin, was in die span wat die opgrawing gaan doen het.


“Met die simboliek van ‘stof tot stof’ in gedagte bring ons ’n bietjie van die grond by die Massabarivier saam om Niel te verteenwoordig,” het Opperman gesê.


Vrydag gaan die oorskot tydens ’n private plegtigheid by die Voortrekkermonument se Muur van Herinnering aan Suid-Afrika oorhandig word.


Opperman-hulle se sending het sowat drie weke gelede amper skipbreuk gely toe die polisie die span by Ebo beveel het om die terrein te verlaat. Hulle is daarna aangehou, maar later vrygelaat.


“Dié keer het die Angolese werklik uit hul pad gegaan om ons te help,” het Opperman gesê.


“Die Angolese regering het belowe hulle sal steeds probeer vasstel of Niel dalk elders begrawe is, maar ons kan nie weer teruggaan nie. Ons moet nou berus.”


Opperman het hulde gebring aan die span van prof. Maryna Steyn van die Universiteit van Pretoria wat die uitgrawings en identifikasie behartig het.



Die forensiese antropologiespan en helpers vroeër besig om van die oorblyfsels van vermoedelik die vliegtuig waarin drie van die mans omgekom het uit te grawe. Foto: Leon Lombard



Die Eland 90-pantservoertuig waarin kavalleris Niel Lombard by die Massaba­rivier buite die dorpie Ebo in Sentraal-Angola verdrink het.



Kavalleris Niel Lombard



Kapt. Daniël Jacob Taljaard



2e lt. Keith Arthur Williamson



2e lt. Eric Bryan Thompson





No comments:

Post a Comment